NewsNews

Lang toue vir Sassa-toelae

Sassa-groeipyne met nuwe kaarte nog lank nie verby nie.

Sassa begunstigdes het van Maandagoggend af in lang toue in die poskantoor gestaan om hul toelae te kon kry. Daar was egter ook diegene wat weens ‘n tegniese probleem nie hul toelae uit hul rekeninge kon onttrek nie met die netwerk wat oorlaai was. Ander weer het gesê dat hulle nie bewus was daarvan dat as hulle hul nuwe Sassa-kaart gebruik, hulle die tjekrekening opsie pleks van die spaarrekening opsie moes kies nie.
‘n Diensooreenkoms is reeds in Desember 2017 gesluit tussen Sassa (Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid) en Sapo (Suid-Afrikaanse Poskantoor) wat uiteindelik sal beteken dat die meeste van die land se maatskaplike toelae direk elektronies uitbetaal sal word aan die begunstigdes sonder om soos voorheen van Cash Paymaster Services (CPS) gebruik te maak.
Sassa hou vol hy sal teen Septemer gereed wees om weg te doen met die dienste van CPS.
Ingevolgde die ooreenkoms sou die Poskantoor reeds vanaf 3 April begin het om Postbank-rekeninge vir begunstigdes oop te maak, waarmee daar dan drie kontantonttrekkings gratis gedoen kan word, een gratis balansnavraag en een gratis mini-staat per maand, asook ’n gratis drie maande bankstaat op versoek.
Sassa het ook met kommersiële banke onderhandel oor laekoste rekeninge vir die begunstigdes met maatskaplike toelae, sodat hulle geld direk in hul persoonlike bankrekenings inbetaal kan word.
Volgens Abraham Mahlangu, waarnemende hoof van Sassa, is die hoeveelheid begunstigdes wat hul toelae in kontant ontvang, reeds verminder. van 2,2 miljoen na 1,9 miljoen. Sassa se voorlopige skatting is dat daar sowat 789 000 begunstigdes sal wees vir wie daar aan die einde van die periode geen ander metode van betaling sal wees behalwe kontant nie. Die mikpunt is egter om teen einde Augustus reeds 7,9 miljoen “ou kaartgebruikers” na die nuwe stelsel
oorgeskuif te hê.
Om ‘n Postbank-rekening oop te maak, is gratis.
Marama Mofokeng, areabestuurder vir die Poskantoor, het  mense aangeraai om voor einde Augustus hul nuwe Sassa-kaarte te kry. Sy het mense wat probleme ondervind met die oorskakeling, aangemoedig om haar kantoor te skakel by (018) 2944 822.
Sassa personeel was vandag weer by die sysaal van die stadsaal en is elke tweede Woensdag in Parys, en elke Donderdag in Tumahole

Related Articles

Back to top button