NewsNews

Verlore dokumente: Ongelooflike getuienis

My hart is so dankbaar oor die Here se onbetwisbare getrouheid. Hier volg ‘n mooi storie wat my altyd sal herinner dat by die Here niks onmoontlik is nie. Ek en my familie het gisteroggend rondom 1h00 die oggend gestop by Wolmaransstad om ons voertuig vol brandstof te maak.  Ek het per ongeluk my lêer …

My hart is so dankbaar oor die Here se onbetwisbare getrouheid.

Hier volg ‘n mooi storie wat my altyd sal herinner dat by die Here niks onmoontlik is nie.

Ek en my familie het gisteroggend rondom 1h00 die oggend gestop by Wolmaransstad om ons voertuig vol brandstof te maak. 

Ek het per ongeluk my lêer met al ons grensdokumente, paspoorte, kinders se geboortesertifikate ensovoorts op die sleepwa se deksel gelos.

 Tydens ons aankoms by die grens by Ariamsvlei het ons besef dat ons die lêer met dokumente verloor het.

Met groot teleurstelling het ons omgedraai om te gaan soek by elke vulstasie waar ons gestop het.

Gistermiddag laat het ons uiteindelik by Wolmaransstad se Engen op die videobeelmateriaal gesien dat ons die lêer op die sleepwa vergeet het en met hom op die deksel gery het. Dit het waarskynlik naby Wolmaranstad oppad Sweizer toe langs die pad verloor.

Ons het na ons eie soektog uiteindelik moed opgeggee met die teleurstelling van…Here ons verstaan nie maar vertrou steeds dat alles ten goede sal meewerk vir hulle wat die Here liefhet.

Ons het pootuit in Klerksdorp oorgeslaap en vroeg vanoggend terwyl ek met die Here praat beleef ek baie vrede dat die Here vir ons sal voorsien en help om ons dokemente te kry.

Ek sê toe saggies vir die Here…Ek sal al die moontlike doen…dan vertrou ek Hom om die onmoontlike vir ons te doen…

Ek staan toe op en plaas ‘n boodskap in geloof  op Facebook vir mense om te help soek en om uit te kyk…

Een uur later kry ek ‘n oproep van ‘n baie opgewonde vrou… Francisca Gildenhuys wat getuig oor hoe sy die boodskap gekry het en hoe sy passievol begin kyk het op die pad wat ek bekryf het in my boodskap…

Al wat ek kan sê is…Dankie Here…vir U is enige iets moontlik.

Dankie vir  almal wat geshare en gehelp soek het…

 

Die Here is amazing!

Related Articles

Back to top button