NewsNews

Pyplek by opgaardam reggemaak

Dis hoekom krane droog was.

Daar is pas bevestig dat die pyplek by opgaardam 4 nou herstel is en behoort inwoners se waterdruk te verbeter namate die watervoorsieningsnetwerk stabiliseer.

Die netwerk was onder druk die naweek ná ‘n pyplek op die h/v Delver- en Loopstraat, wat grotendeels die gedeelte bekend as Vaal Parys (Derdelaan omgewing) geraak het. Die lek is reeds herstel maar al die opgaardamme moes eers weer vol loop.

Die pyplek by opgaardam 4 het veral gedeeltes in die omgwing van die hospitaal geraak sedert Sondag.

Indien daar steeds inwoners is wat probleme met water het, laat weet asseblief in watter omgewings en strate sodat die munisipaliteit se tegniese span in kennis gestel kan word.

Related Articles

Back to top button