NewsNews

Petrolprys slaan motoriste hard

Maak vol jou tenk voor Woensdag.

Meer as R16 per liter 95 oktaan petrol – dit is wat jy van Woensdag af in Gauteng sal moet opdok vir brandstof. Mense aan die kus sal R15,43 vir 95 oktaan petrol moet betaal.

95 Oktaan petrol word 23c per liter duurder vanaf Weonsdag, terwyl 93 oktaan petrol met 26 sent styg.

Diesel met 0,05% swael sal 26 sent per liter duurder wees, en diesel met o,005% swael 24 sent per liter duurder.

Paraffien styg met 30 sent per liter en gas met 37 sent per kilogram.

Al die verhoging tree op 4 Julie in werking.

En die styging, reeds die vierde maand in ‘n ry, word geblameer op die swakker rand.

Vir die hele jaar sedert einde 2017 het petrol in Gauteng nou al met R1,26 per liter gestyg (R63 op ‘n tenk van 50 liter) en aan die kus is petrol R1,16 per liter duurder, berig Netwerk 24.

Die styging in Gauteng is hoër omdat die koste van vervoer binneland toe in April met 10 sent verhoog is.

Diesel met 0,05% swael sal dus van Woensdag nou R14,45 in die binneland kos, terwyl R13,96 aan die kus betaal sal moet word. Vir Gautengers kom dit daarop neer dat hulle R74,50 per tenk van 50 liter meer sal betaal, berig Netwerk 24.

Bron: Netwerk 24

 

 

Related Articles

Back to top button