NewsNews

Hou die komberse byderhand: Kragtoevoer eers môre herstel

Kragtoevoer na dele van Parys dalk eers moremiddag herstel.

Die Ngwathe munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, het pas bevestig dat kragtoevoer na dele van die dorp wat steeds sonder krag sit, waarskynlik eers moremiddag herstel sal wees.

Naale het gesê dat Parys toenemend voor die uitdaging staan van diefstal van komponente in die elektrisiteitsvoorsieningsnetwerk wat die rede is waarom groot dele van die dorp al die heel dag (Saterdag 30 November) sonder krag sit.

Strate wat hierdeur geaffekteer word is Delver, Breë, Steytler, Kort, Boom, End, Derdelaan, Noorder, Schutte, Tweedelaan en omliggende strate.

Koper is Vrydagaand 29 Junie by 2 mini-substasies gesteel wat eenvoudig oopgebreek is en die rede vir die kragkrisis is. Parte vir die herstelwerk sal eers môre beskikbaar wees.

Dit beteken dat baie inwoners vannag en waarskynlik nog die grootste gedeelte van Sondag ook sonder krag sal wees.

Related Articles

Back to top button