NewsNews

Polisievrou tydens rooftog beseer

Polisielid ook slagoffer van misdaad.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die vrou omstreeks 06:00 nog in die bed toe sy ’n geluid gehoor het. Sy het omgedraai en ’n man in haar kamer gesien. Volgens Manyoba het sy om hulp geskree, waarna die rower haar met ’n staalvoorwerp in die gesig geslaan het. ’n Stoeiery het toe tussen die polisievrou en die rower ontstaan. “Sy kon daarin slaag om die man uit haar kamer te kry en die deur te sluit,” vertel Manyoba.
Volgens haar blyk dit dat die man ’n skuifdeur op die balkon oopforseer en so toegang tot die woonstel verkry het. Die rower het met die vrou se beursie en selfoon gevlug. Volgens Manyoba is die verdagte ’n middeljarige man wat Setswana en IsiXhosa gepraat het. ’n Saak van huisroof word ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button