NewsNews

Polisie waarsku weer teen diefstal uit voertuie

Die polisie het onlangs weer gewaarsku dat diefstal uit voertuie toeneem.

Die polisie het onlangs weer gewaarsku dat diefstal van voertuie en diefstal uit voertuie  begin toeneem.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder,  is die gebruik van afstandbeheerders om die sluit van voertuie te blok iets wat ook meer en meer gebeur.
Sy het inwoners gemaan om seker te maak dat hulle voertuie sluit wanneer hulle die sentrale sluitstelsel van hulle voertuie aktiveer.
“Versekeringsmaatskappye betaal nie altyd uit wanneer items so gesteel word nie omdat daar geen bewys of tekens van inbraak is nie,” het Manyoba gesê.
Verder het sy die gemeenskap gewaarsku om nie waardevolle items in ’n voertuig te los waar dit gesien kan word nie.
Mense moet seker maak dat alle deure gesluit is en vensters moet toe wees. Parkeer sover moontlik in areas wat goed belig is, of besige parkeerareas,” het sy gesê.
“Dit is ook ’n goeie idee om ’n opsporingstelsel in die voertuig te laat installeer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button