NewsNews

Die Blakermaker se kunstenaarshande stil

In sy hande het koue staal, kunswerke geword wat leef.

Sielswerke van ’n  man wie se staalkuns galery vir 22 jaar deel was van Parys se ryke kunstalent.
Hier by Breëstraat 36 waar jy die sagtheid van die natuur op unieke wyse kon ervaar in elke geitjie,die talle voël-kunswerke en wilde diere wat beweeg het met die ritme van kuns en vakmanskap in harmonie.
Maar Die Blakermaker se hande het stil geraak.
Dave Strydom is Donderdagoggend 28 Junie na ’n kort siekbed in die ouderdom van 57 jaar oorlede.
Van die Elandsrand Goudmyn het sy vaardigheid met metaal hom destyds op nuwe toe nog onbekende paaie gelei.
Het klein staalblakertjies in blomvorm eers op die rakke van ’n  kunswinkel in Yeoville, Johannesburg, beland. Maar ’n  klein begin het gegroei in groot bestellings – blomme en visse wat na die Kaapse Waterfront moes gaan. Met unieke staalwerke het sy Volkswagen Beetletjie volgepak die Karoo-pad gevat.
Dosyne blakers het begin blom in sy hand, met tye tot 200 sonneblomme wat hul pad moes vind na Amerika.
En so het die aanvanklike naweek uitstalpaaie na Parys dieper spore geword van ’n nuwe begin, en het Parys sy tuisdorp geword waar hy sy staalkuns kon uitleef. Eers op ’n  plot buite die dorp met honderde geitjies en  staalkuns lampskerms wat teen mure en van plafonne sou hang, en kort voor lank regoor die land in huise sou pronk van die Kaap, regoor die Vrystaat en in elke ander provinsie denkbaar – selfs Namibië en Nederland.
In 1997 maak Die Blakermaker oop in Breëstraat en word die galery deel van Dave se polsslag.
Dit wat van Dave die meeste uitgestaan het was sy positiewe ingesteldheid waarmee hy nooit toegelaat het dat enigiets hom onderkry nie, vertel sy broerskind, Debbie Davis.
Dankie aan elkeen wat naby aan Dave was en vir hom ’n  vriend was tot die einde, in besonder Jackie, Ada, Leween en Nick.
Die begrafnis sal op Vrydag 6 Julie om 12:00 vanuit die Rotary-saal gehou word.

Related Articles

Back to top button