NewsNews

Vyf maniere om die pyn van mondsere te verlig

Enigiemand wat al ooit ’n mondseer gehad het, weet dat dit ’n baie pynlike affêre kan wees.

Hieronder volg kundige raad van Dirna Grobbelaar, Ivohealth se raadgewer oor mondgesondheid, om die pyn van mondsere te verlig.
Wat is ’n mondseer?
Mondsere is gewoonlik rond en rooierig van kleur en kom net binne die mond – op die tong of op die mondvoering – voor. As dit buite die mond of op die lippe is, is dit meer waarskynlik ’n koorsblaar.
Oorsake van mondsere:
Die meeste mense kry een of ander tyd ’n mondseer. Dit word dikwels deur ’n klein besering veroorsaak, soos om per ongeluk jou wang raak te byt, iets te eet of te drink wat te warm is, of ortodontiese toestelle soos vals-tande of draadjies wat nie behoorlik pas nie, veral wanneer dit die eerste keer ingesit word.
Afteus-mondsere kom herhaaldelik voor en verskyn dikwels die eerste keer in die kinderjare of tydens adolessensie. Hulle neig om te verskyn tydens hormonale veranderinge, strestoestande of wanneer die immuunstelsel verswak is.
Mondsere kan ook deur allergieë, virusse, voedingstekorte en toestande soos seliaksiekte (Gee se siekte) veroorsaak word.
Behandeling van mondsere:
Mondsere is nie aansteeklik nie en word gewoonlik binne ’n paar dae vanself gesond. Wanneer die mond met ’n behoorlike mondversorgingsroetine skoongehou word, behoort hulle vinniger te genees.
Verskeie oor-die-toonbank-medisyne kan pyn en ongemak verlig.
Mondsere neig om 10 tot 14 dae te duur. Besoek jou dokter of tandarts as die sere nie binne drie weke opklaar nie.
Mondkanker gaan na verwagting in die volgende generasie verdriedubbel en dit is belangrik om die moontlikheid daarvan uit te skakel.
Vyf wenke vir die versorging van mondsere:
* Vermy baie warm, sout, suur of speseryagtige kos en drankies.
*  Gebruik ’n strooitjie wanneer jy drink.
* Spoel met ’n alkoholvrye, antiseptiese mondspoelmiddel.
* Volg ’n goeie mondversorgingsroetine en gebruik ’n klein tandeborsel met sagte hare

Related Articles

Back to top button