News

Pasop vir ‘hulpvaardige’ skelms

‘n Vrou (84) van Parys was die afgelope week die slagoffer van gewetenlose skurke wat haar by die Parys Boulevard-sentrum van haar handsak, juweliersware, kontant wat sy pas by ‘n kitsbank getrek het, en selfs haar motorsleutels beroof het.

Die skurke het haar baie beleefd genader waar sy haar kruideniersware gekoop het, en met slinkse leuens oortuig dat sy kwalifiseer vir pensioenaris-afslag. Al wat gedoen moes word, was om ‘n paar vorms in te vul wat hulle by ‘n eetplek in die sentrum sommer sou doen, juis omdat hulle so besorg was oor haar, en sy daar rustig sou kon sit en die vorms invul.
Binne ‘n oogwink en ongesiens was sy haar handsak en inkopies kwyt.
‘n Baie ernstige beroep word op alle inwoners en veral bejaardes gedoen om nooit sommer net hulp van vreemdelinge te aanvaar nie. Hoe bedagsaam dit ookal mag klink of wees – moenie mense net blindelings vertrou nie.
Moenie saam met mense gaan wat jy nie ken nie. Moenie jou persoonlike besonderhede of bankbesonderhede aan hulle gee nie, nog minder geld onttrek onder die voorwendsel dat jy ‘n gelukkige wenner kan wees nie.
Onthou – as iets té goed klink om waar te wees, dan is dit heel waarskynlik nie waar nie.
Misdadigers is slinks en uitgeslape –  wees daarom eerder versigtig en waaksaam.

Related Articles

Back to top button