![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2018/01/VFLogo2013.jpeg)
Só het die VF Plus vandeesweek in ’n verklaring gesê.
Die party sê hy het vanuit ‘n politieke oogpunt maande gelede al ‘n griefskrif hieroor aan mnr. Bongani Baloyi, burgemeester van Midvaal, oorhandig. Mnr. Baloyi se reaksie op die griefskrif was onbevredigend.
Die VF Plus het dié griefskrif ook by die Gautengse wetgewer ingedien, maar dit het tot nou toe nog nie voor die verantwoordelike komitee gedien nie.
“Die gewelddadige situasie by die R59 is ‘n tipiese voorbeeld oor hoe gewone landsburgers daagliks van hul regte ontneem word.”
“Dit is duidelik dat die DA en die ANC in Midvaal om politieke redes nie wil optree teen die oortreders nie omdat dit hulle ongewild kan maak met die aanloop tot aanstaande jaar se nasionale verkiesing,” sê die VF Plus.