NewsNews

Vaalstreepkoppie: Voëlbonus vir Feathers-lede by Rockridge

Feathers Voëlklublede is op 26 Mei na Rockridge Farm om te kyk watter voëls daar is. Dit was redelik koel toe die groep van elf omstreeks 06:30 uit die dorp uit is.

Daar aangekom, is hul verras met ’n redelik soliede ryp-kombers en ’n temperatuur van 1 grade Celsius.
Die wind was gelukkig stil en ná die stap na die groot dam was die voete papnat, maar almal tevrede, want daar was heelwat voëls.  Altesaam 55 voëlspesies is vir die dag aangeteken
Op pad huis toe het van die lede ook die Vaalstreepkoppie gekry, en dit was ‘n bonus, want ‘n hele paar lede het hom nog nie voorheen gesien nie.
Hoewel geen uitstappies vir Junie en Julie deur die klub gereël is nie, sal daar steeds vergader word.
Klublede kom weer bymekaar op Donderdag, 28 Junie om 18:30 by die Sally Martin Park saal.
Lede neem gedurig foto’s van voëls en by die geleentheid gaan hulle probeer om daardie onbekende voëltjies/LBJ’s te identifiseer. Belangstellendes is welkom om die geleentheid by te woon. Bring jul voëlboeke saam.
Na afloop van die verrigtinge gaan lede en besoekers bietjie kuier om ‘n koppie sop-en brood. Almal is welkom om saam te eet, maar elkeen moet ‘n beker en lepel saambring vir die sop.
Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button