NewsNews

Byna R3 miljard se water in Gauteng vermors

     Die VF Plus het vandeesweek sy skok uitgespreek oor byna R3 miljard se water wat in die 2016/17 boekjaar deur munisipaliteite in Gauteng vermors is.   Die inligting is vervat in ʼn antwoord van die LUR vir plaaslike regering in Gauteng, mnr. Uhuru Moila, aan die hand van ‘n geskrewe vraag van die …

 

  

Die VF Plus het vandeesweek sy skok uitgespreek oor byna R3 miljard se water wat in die 2016/17 boekjaar deur munisipaliteite in Gauteng vermors is.

 

Die inligting is vervat in ʼn antwoord van die LUR vir plaaslike regering in Gauteng, mnr. Uhuru Moila, aan die hand van ‘n geskrewe vraag van die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, oor wat dit die belastingbetaler in dié provisie gekos het aan watervermorsing oor hierdie tydperk.

 

Watervermorsing deur munisipaliteite in Gauteng word veroorsaak deur diefstal en beskadiging van infrastruktuur, waterlekkasies, gebarste pype, reservoirs wat lek, geblokte rioolstelsels, swak instandhouding en ou infrastruktuur.

 

Alle munisipaliteite in Gauteng is groot watervermorsers en daar kan nie ‘n onderskeid getref word tussen skuldig en onskuldig nie, sê die party. 

Related Articles

Back to top button