NewsNews

Waterkrisis: Nuutste inligting

Steeds uitdagings met watervoorsiening.

Die jongste inligting oor Parys se waterkrisis is dat daar steeds sekere dele is wat sonder water is. Volgens Steve Naale, munisipale woordvoerder, is begin om water te pomp na die opgaardamme, en behoort inwoners water in hul krane te begin kry, insluitend die Oudewerfpark-omgewing.

Daar is egter steeds uitdagings sĂȘ Naale, veral in Tumahole, as gevolg van ‘n probleem met watervoorsiening na opgaardam nr. 4.

Die waterkrisis wat die dorp oor die naweek beleef het, was as gevolg van die kontrakteur wat aan die rioollyn werk wat die waterpyplyn tussen Tumahole en Basa Park raakgeboor het.

Die waterpyplyn is op 2 plekke beskadig en is die skade na verneem aan die munisipaliteit gerapporteer.

Dit blyk egter dat net 1 pyplek deurgegee is en dat die munispaliteit gevolglik eers Sondagoggend kon aandag gee aan die tweede pyplek.

Talle mense en organisasies het oor die naweek gehelp om water te versprei na onder meer ouetehuise in die dorp.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button