NewsNews

Speler sterf na rugbywedstryd

Speler sterf na rugbywedstryd

SASOLBURG. – ‘n Afrigter van die Nigel Rugbyklub se tweede span het Saterdag, na die span se vriendskaplike wedstryd teen Meyerton by die Sasolburg Rugbyklub, langs die rugbyveld gesterf.
Die 38-jarige PJ Engelbrecht (38) wat self ‘n kranige rugbyspeler was, het Saterdag ook gespeel aangesien dit ‘n vriendskaplike wedstryd was.
Hy het na afloop van die wedstryd langs die veld by sy familie gaan sit en skielik inmekaar gesak.
Paramediese personeel was binne vyf minute op die toneel, maar kon niks vir hom doen nie. Hy is langs die rugbyveld dood verklaar.
Die vermoede is dat hy ‘n hartaanval gehad het, maar dit sal eers deur die nadoodse ondersoek bevestig word.
Volgens Dave van Dyk, hoofafrigter van die Sasol Cobras Rugbyklub se eerste rugbyspan, was PJ ‘n fantastiese mens.
Dave se vriendin, Anina Engelbrecht, het hulde aan PJ gebring op Facebook:
“Dit was jou beste en laaste game gewees. En twee drieë ook. RIV my vriend. God is ’n great rugby coach and player richer up in heaven.”
Volgens onbevestigde inligting was PJ ‘n offisier in die weermag in Heidelberg. PJ het in Groot Brakrivier in die Wes-Kaap grootgeword.

Wyle PJ Engelbrecht (Regs)

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button