NewsNews

Jongmense wat lawaai en laat waai – in Afrikaans!

Op 16 Junie is Jeugdag gevier.

 

Jeugdag gaan egter nie net oor die verlede nie, maar ook oor vandag en môre.

Dit is ’n viering van ons grondwet en die waardes, regte en vryhede wat ons vandag geniet. Dit is ’n huldeblyk aan almal wat gestreef het na ’n regverdige en demokratiese samelewing en dit gaan oor die toekoms waarvoor ons almal verantwoordelikheid moet neem.

Die gebeure in 1976 het ongetwyfeld gelei tot ’n nuwe generasie van doelgerigte en vasberade jongmense, wat vandag, ook in Afrikaans, gelykheid en vryheid koester en werk aan ’n land en samelewing waarin hulle en hul kinders kan gedy.

Met Jeugdag om die draai het Petronell Vorster en René Arendse namens Afrikaans.com met ’n paar jong Afrikaanse lawaaimakers gesels oor hul drome, idees, suksesse en die opwindende dinge wat hulle in Afrikaans doen.

Dit het kief geword om Afrikaans te wees. Nie lank gelede nie, kon jy om die dood nêrens ‘n T-hemp met ’n Afrikaanse slagspreuk op koop nie. Afrikaanse musiek het bestaan uit mense wat kyk hoeveel keer hul namekaar in een liedjie kan rym of jodel en fliek kyk in Afrikaans was iets wat ons ouers met heimwee uit hul kinderdae onthou het. Maar dinge het verander. Veral jongmense is nie meer skaam om hul drome in hul moedertaal na te jaag en uit te leef nie.

Related Articles

Back to top button