NewsNews

Waterkrisis: Water eers later terug in krane

Voorlopige aanduidings is dat Parysenaars vir nog n paar uur sonder water sal wees.

Meeste areas behoort eers laat vanaand water te hê en sekere dele dalk eers môre.

Die munisipaliteit is feitlik klaar met herstelwerk aan die gebreekte pyplyn waarna pompwerk na die opgaardamme sal begin.

Om die damme vol te kry kan egter tot 8 ure neem. Gevolglik word voorsien dat daar eers laat vanaand water vir Parysenaars in die krane sal wees.

Dele van die dorp is al sedert Donderdag sonder water, terwyl meeste inwoners van Vrydag af die waterkrisis begin beleef het.

Die krisis volg nadat die kontrakteur wat aan die rioollyn werk die waterpyplyn tussen Tumahole en Basa Park raakgeboor het. Na verneem is die waterpyplyn op 2 plekke beskadig en is die skade na verneem aan die munisipaliteit gerapporteer.

Dit blyk egter dat daar net 1 pyplek deurgegee is en dat die munisipaliteit gevolglik eers vanoggend kon aandag gee aan die tweede pyplek.

Intussen is drinkwater deur We Care vrywilligers by die Sonskyn Tehuis en Goue Jare afgegee en watertenks volgemaak, terwyl vars drinkwater ook by die NG Suid-gemeente en deur Saal de Jager aan die gemeenskap beskikbaar gestel is.

Gazette sal inwoners op hoogte hou sodra meer inligting oor die waterkrisis bekend is.

Related Articles

Back to top button