NewsNews

Good Capitalism, Bad Capitalism bekendgestel deur Prof. Raymond Parsons

Die boek ontleen lesse aan die verlede ten einde ’n pad vorentoe vir Suid-Afrika voor te stel. Prof. Dan Kgwadi, NWU se visekanselier, wat die gasspreker by die bekendstelling was, het Parsons geprys vir sy bydrae tot die universiteit.

Een van die NWU se bekende akademici het sy boek oor die rol van besigheid in Suid-Afrika op 5 Junie bekend gestel.
Prof. Raymond Parsons is die medeskrywer van Good Capitalism, Bad Capitalism: The Role of Business in South Africa saam met Ali Parry, direkteur van die maatskappy Trade Matters (Edms) Bpk.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier, saam met Ali Parry en prof. Raymond Parsons tydens die bekendstelling van Good Capitalism, Bad Capitalism: The Role of Business in South Africa. Foto: Verskaf

Die bekendstelling het tydens ’n skemerkelkfunksie by die NWU Besigheidskool in Potchefstroom plaasgevind. Parsons, wat ’n bekende gesig op televisie en in die pers is, is ook ’n produktiewe skrywer. Hierdie is reeds sy sesde boek wat ook deur eweknieë geëvalueer is.
Good Capitalism, Bad Capitalism is diepsinnige leesstof wat daarop gemik is om aan besighede rigting te gee teen die agtergrond van etlike dekades van polities-ekonomiese veranderinge en uitdagings in die land. Die boek beklemtoon dat die sakesektor ’n deurslaggewende rol te speel het in die vorming van die nasionale agenda en om te help om president Cyril Ramaphosa se beloofde “nuwe dagbreek” te laat realiseer.
Die boek ondersoek ook die bydraes van groot, medium, klein en ontluikende besighede tot die nasionale agenda.

Volgens Parsons het Suid-Afrika tans veral ’n verantwoordelike en aanspreeklike demokrasie nodig wat hand aan hand gaan met ’n energieke en aanspreeklike privaat sektor.”

Volgens hom het Suid-Afrika het ’n kritieke punt in sy komplekse geskiedenis bereik, met ’n politieke landskap wat vinnig ontwikkel en nuwe hoop aan talle mense bied. Tog sal ingeburgerde sosio-ekonomiese probleme – indien dit nie nou ernstig benader word nie – voortgaan om die land ver onder sy potensiaal te laat presteer en die samelewing as geheel diep verdeeld laat.
“’n Verantwoordelike demokrasie gaan hand aan hand met ’n lewenskragtige en aanspreeklike privaat sektor, of die sogenaamde kapitalistiese stelsel,” het prof Parsons gesê.
Volgens Parsons skep kapitalisme geleenthede vir entrepreneurskap, innovasie, gesonde mededinging en inklusiewe groei.
Die boek ontleen lesse aan die verlede ten einde ’n pad vorentoe vir Suid-Afrika voor te stel.
Prof. Dan Kgwadi, NWU se visekanselier, wat die gasspreker by die bekendstelling was, het Parsons geprys vir sy bydrae tot die universiteit.
Good Capitalism, Bad Capitalism: The Role of Business in South Africa (uitegegee deur Jacana Media) is landswyd by Exclusive Books-winkels, aanlyn by Loot (https://www.loot.co.za), en by die Potchefstroom-tak van Van Schaik-boekwinkel beskikbaar.

Related Articles

Back to top button