NewsNews

Goeie nuus: Herstelwerk op S171 begin

Goeie nuus vir motoriste wat daagliks die Vaal Eden-pad, of ook bekend as die S171 moet gebruik, is dat die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer Woensdag, ná Gazette se druktyd met herstelwerk aan slaggate op die pad begin het. Gazette het vandag op die voorblad berig van die positiewe Land Care vergadering wat …

Goeie nuus vir motoriste wat daagliks die Vaal Eden-pad, of ook bekend as die S171 moet gebruik, is dat die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer Woensdag, ná Gazette se druktyd met herstelwerk aan slaggate op die pad begin het.

Gazette het vandag op die voorblad berig van die positiewe Land Care vergadering wat verlede week tussen verteenwoordigers van die departement, die myne, grondeienaars, die toerismeberyf, die Vaal Eden Brandvereniging en selfs die komitee gemoeid met die oprig van padekens, gehou is.

Een van die besprekingspunte by die vergadering was die S171 waaroor aanbevelings reeds in Julie 2017 gemaak is, maar nooit iets aan gedoen is nie. Die pad is in ‘n haglike toestand met slaggate, krokodilkrake, toegegroeide padskouers en padtekens wat vervang moet word.

Dankie aan die departement en alle rolspelers wat daartoe bygedra het dat aksie geneem is om die pad te herstel.

Related Articles

Back to top button