CommunityNews

Domefees kom met nuwe feesbaadjie

Die Dome Avontuurfees het oor jare sinoniem met Parys geword, en word daar nou reeds hard gewerk aan ’n splinternuwe baadjie vir dié fees wat die geleentheid skep om die dorp met sy vele buitemuurse aktiwiteite, maar ook keur van restaurante, kunsgalerye, oudhede en kultuur, aan besoekers aan die dorp bekend te stel.

As gevolg van die feesdatum wat bots met eksamentye van beide die skole en universiteite, is daar besluit om nie vanjaar die fees aan te bied nie, juis omdat soveel leerlinge en studente gewoonlik betrokke is by onder meer die baie gewilde Dragon boot kragmeting en die kaskarwedrenne vir laerskoolleerlinge.
Daar is reeds in 2017 besluit om die feesdatum vir 2019 te vervroeg na die eerste kwartaal, en sal die datum bekendgemaak word sodra dit gefinaliseer is.  Die Dome Avontuurfees het in die verlede tot nagenoeg 3 000 mense jaarliks na die dorp gelok as sosiale geleentheid wat oor drie dae in November aangebied is met ’n reeks avontuuraktiwiteite, en die Dragon boot kompetisie wat die fees afgesluit het.
Die ondersteuning van die gemeenskap van Parys dra grotendeels by tot die sukses van die fees, en sal die gemeenskap se insette vir die 2019 fees waardeer word.
Daar word ook gesoek na ’n dinamiese persoon wat leiding kan neem as hooforganiseerder van die 2019 fees. Mense wat belangstel word gevra om met die Parys Info-kantoor te skakel by (056) 811 4000.

Related Articles

Back to top button