NewsNews

Parys se museumdeure binnekort weer oop

Die afgelope 2 jaar is die Parys Museum se deure gesluit.

Dit terwyl die gebou met sy historiese erfenisskatte van die dorp en sy mense, een van die gewilde besoekpunte vir toeriste in die dorp is.
Ten spyte van die gebrek aan fondse om die museumdeure oop te hou, en die gebou en sy inhoud instand te hou, het Iris Andrew,  nog lank nie moed opgegee met die droom om die museum weer vir besoekers oop te stel nie. Sy het oor baie jare geen steen onaangeraak gelaat om te baklei vir die voortbestaan van die dorp se museum nie
Vrydag het Iris en ’n  handjievol vrywilligers ingespring om self die museum skoon te maak, en die nagenoeg 17 gebreekte ruite te vervang. Selfs die museumtuin is onder hande geneem. Dankie vir elkeen wat gehelp het met die projek, of bygedra het op watter wyse ookal. Elke bietjie help verseker!


Vir Iris is geskiedenis iets wat leef in die harte van mense, en daarom dat sy nog nooit ophou glo het in haar droom om die museum permanent oop te hou nie.
Iris werk vir die Father Lewis Balink Foundation en het toestemming gekry om die organisasie se kantoor in Boomstraat, te skuif na die museum. Dit beteken dat die museumdeure uiteindelik weer voltyds oop kan wees, danksy haar ywer en geesdrif om seker te maak Parys se geskiedenisstorie gaan lê nie onder die stof in ’n  vervalle museumgebou nie.
Al wat nou nog kortkom is ’n  internetlyn, maar Iris glo dat ook dit danksy die gemeenskap van Parys se oop harte, gekry sal word.
Die museumdeure was Vrydag skaars oop vir operasie skoonmaak, of die eerste besoekers was reeds daar.
Die munisipaliteit en Vrystaat provinsie stel geen fondse beskikbaar om die museum te bedryf of instand te hou nie. Daarom word  staatgemaak op die goedhartigheid van die gemeenskap. Of dit steggies, boumateriaal, skoonmaakmiddels of net gewillige hande is wat kan help – watter bydrae jy ookal kan gee, kan help om die voortbestaan van hierdie kosbare deel van Parys se geskiedenis te verseker. Gazette sal inwoners op hoogte hou van wanneer die museumdeure oop sal wees.
Skakel ook gerus vir Iris by 083 650 8712

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button