News

Vuurwapenwet: VF Plus gaan privaatwet indien

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gaan ʼn privaatlid-wetsontwerp indien wat sekere wysigings gaan voorstel aan die bestaande Wet op Vuurwapenbeheer wat die hernuwing van vuurwapenlisensies sal reguleer.

 

 

 

 

“Na die omstredenheid en onsekerheid wat verlede week geskep is met die uitspraak van die Grondwethof oor die aangeleentheid, is daar eintlik net een uitweg, en dit is om die wet te wysig op só ‘n wyse dat vuurwapeneienaars ‘n billike geleentheid gegun word om hul vuurwapenlisensies te hernu selfs nadat die lisensie verval het sonder om die eiendomsreg op hul vuurwapens te verloor,”sê die party.

 

Die VF Plus sal ook met ander belanghebbende groepe soos die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) konsulteer om die nodige wysigings aan die wet aan te bring, is gesê.

 

“Dit is steeds onaanvaarbaar en onbillik dat vuurwapeneienaars hul vuurwapens verloor bloot weens ‘n administratiewe oorsig wat reggestel kon word deur ʼn boete te betaal en die lisensies te hernu.”

 

Die party sê voorts daar word gediskrimineer teen vuurwapeneienaars deurdat hulle hul eiendom verloor, maar in die geval van ʼn motorlisensie betaal jy net ʼn boete sonder om die eiendomsreg op jou voertuig te verloor.

Related Articles

Back to top button