NewsNews

Petisie teen Trump se besluit oor staal

Petisie teen Trump se besluit oor staal

Dirk Herman, Betuurshoof van Solidraiteit skryf:

Die VSA se besluit op 8 Maart 2018 dat daar invoertariewe op staal en aluminium ingestel gaan word, het wêreldwyd ʼn handelskrisis in die staalbedryf veroorsaak. Dié tariewe van 25% op staal en 10% op aluminium gaan baie nadelige gevolge inhou vir die Suid-Afrikaanse staal- en aluminiumbedryf. Nagenoeg 7 500 poste in Suid-Afrika kan deur die VSA se besluit geraak word. Plaaslike vervaardigers wat direk deur die nuwe tariewe geraak word, sluit in ArcelorMittal, South 32, Hulamin, Duferco, Cisco en Columbus Stainless.

By Solidariteit sien ons ons lede as deel van ʼn groot familie. As lid van Solidariteit moet u besef dat daar tienduisende van ons Solidariteit-lede, in jou omgewing ook, is wat in die Metaal- en Ingenieursbedryf werk. Dié krisis is baie naby aan elkeen van ons. Ons glo in #HelpMekaar. Ons verstaan die kommer en spanning en is besig om alles wat ons kan te doen om ons lede wat moontlik direk of indirek geraak kan word, te beskerm en te ondersteun.

Wat is die plan?

Solidariteit het vandag ʼn omvattende veldtog teen die VSA se tariewe op staal van stapel gestuur. Een van die stappe wat Solidariteit gaan neem, is om staalwerkers en die publiek se stem na die VSA te neem deur ʼn petisie op die Withuis se webwerf in te dien. Die petisie is reeds op die Withuis se webwerf in die VSA geregistreer. Dié petisieplatform is ʼn instrument wat die VSA gebruik om belangrike sake van gemeenskaplike belang te identifiseer en op die agenda te plaas.

Solidariteit wil alle Suid-Afrikaanse werkers mobiliseer om hul landgenote in die staalbedryf te ondersteun deur die petisie te gaan onderteken. Die petisie is aan president Trump gerig en hy word versoek om die invoertariewe op Suid-Afrikaanse staal te heroorweeg. Die petisie kan tot 27 Junie 2018 onderteken word.

 

ʼn Vierledige strategie

Solidariteit se veldtog behels ʼn omvattende vierledige strategie om die impak van die wêreldwye staalkrisis weens die VSA se handelstariefveranderinge op Suid-Afrikaanse werknemers die hoof te bied.

Die Highveld Steel-krisis het tot die verlies van 1 800 permanente werksgeleenthede gelei. Solidariteit moes hier ingryp en het deur Solidariteit Helpende Hand tweeweekliks kospakkies met basiese produkte en sanitêreware aan Highveld Steel se werknemers verskaf. “Daar bestaan ʼn groot moontlikheid dat die werkverliese in hierdie geval minstens vier keer meer gaan wees. Ons moet sorg dat ons gereed is om gemeenskappe wat geraak word, te ondersteun. Om dieselfde basiese kospakkies tweeweekliks aan 7 500 mense te lewer, sal ongeveer R3,75 miljoen per maand kos en dit sluit verblyf- en munisipale koste uit.”
Ons versoek elke lid van Solidariteit om die petisie te voltooi.

 

Related Articles

Back to top button