NewsNews

Publiek se steun gevra vir “Projek maak die dorp weer lig”

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) in samewerking met die Parys SAPD, het hul “Maak die Dorp weer Lig”-projek die lig laat sien.

Baie strate in die dorp is pikdonker snags as gevolg van straatligte wat buite werking is. Dit bemoeilik patrollering en skep ideale omstandighede vir misdaad.
Daarom vra die GPF en SAPD die gemeenskap om hulle volle steun te gee vir “Projek Maak die Dorp Weer Lig”, deur LED ligte in jou voortuin en by omheinings aan te bring.
LED ligte is te koop in die dorp en kan jou so min as R15 per maand aan elektrisiteit kos.
’n  Belegging in jou en jou gesin se veiligheid.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button