NewsNews

België-geleentheid wink vir verpleegkunde student

Lelanie Keyser, oudskolier van Parys en tweedejaar B.Cur (Verpleegkunde) student aan die NWU se Potchefstroom-kampus, het ’n geleentheid van ’n leeftyd gekry nadat sy gekies is as 1 van net 4 studente uit die tweedejaarsgroep om hul praktiese ure in België te gaan doen.

Verpleegkunde studente werk ’n  totaal van 4 000 praktiese ure in hospitale tydens hul studie.
Om in aanmerking te kom vir dié eer, moes studente aansoek doen, ’n motiveringsbrief skryf, en het hul akademiese rekord die deurslag gegee.
Die uitruilprogram maak ook voorsiening daarvoor dat vier Belgiese studente hul praktiese ure hier in Suid-Afrika sal doen.
Lelanie en haar 3 studentemaats wat gekies is, sal gedurende November/Desember vanjaar hul maand prakties by die Imelda Ziekenhuis hospitaal in Bonheiden doen.
Lelanie het haarself alreeds op akademiese gebied onderskei, en was op 29 Mei een van die net 15% studente in die universiteit se gesondheidsdepartement wat beloon is met die  Golden Key International Honour Society toekenning op grond van hul akademiese prestasie.
Sy is ook een van net 5 studente aan wie beurse vanjaar toegeken is deur Life Health Care.
Sy het in graad 12 verpleegkunde as beroep begin oorweeg en toe 60 ure by Life Health Care in Rustenburg gaan werk, waarna sy finaal besluit het dat verpleegkunde die beroep is vir haar.
Wanneer sy in België is vertel Lelanie opgewonde, is haar droom om minstens een dag Paris te gaan besoek en soveel moontlik te sien. En maak geen fout nie – regte Belgiese sjokolade te proe.
Vir Lelanie om haar prakties in België te gaan doen is minstens R50 000 nodig. Sy is reeds ywerig besig om fondse in te samel. Mense wat graag ’n  bydrae vir hierdie belowende student wil gee om haar droom werklikheid te maak, kan ’n  bydrae maak in Lelanie se rekening by FNB Parys, tjekrekeningnommer 62619618484, taknommer 230736. Gebruik die verwysing België.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button