NewsNews

Pa vermoor kleuter en hang homself

‘n 25 jarige pa het na bewering sy eie kind (2) Sondag (2 Junie) vermoor waarna hy homself gehang het.

‘n 25 jarige pa het na bewering sy eie kind (2) Sondag (2 Junie) vermoor waarna hy homself gehang het.

Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is beide die pa en kleuter dood by die pa se huis in die Moshawane nedersetting naby Mahikeng gevind.

“Die kind het by die pa gekuier. Dit blyk dat die pa die tweejarige veelvuldige keer met ‘n mes gesteek het. Hy het homself daarna met ‘n ketting opgehang,” het Moleko gesê.

Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Die veiligheid van ons kinders moet ten alle tye prioriteit geniet,” het Motswenyane gesê.

Related Articles

Back to top button