NewsNews

Petrol en diesel duurste ooit teen Woensdag

Motoriste kan hulle maar staal vir die grootste styging in brandstofpryse in drie jaar wat sal beteken dat 'n 45 liter tenk petrol jou van Woensdag af in totaal R36,90 meer sal kos.

 

Vir die eerste keer sal petrol van Woensdag 6 Junie jou meer as R15 per liter kos. In die binneland sal ‘n liter 95-oktaan petrol jou van Woensdag af R15,79 per liter kos, en by die kus R15,20 per liter.

Die 82c per liter styging, is die grootste brandstofstyging sedert die petrolprys in April 2015 met R1,62 per liter verhoog is.

Diesel met 0,05% swael word 85c per liter duurder, en met 0,005% swael 87c per liter duurder.

Paraffien verhoog met R1,09 per liter en gas met R1,38 per kilogram.

Dit is die derde maand in ‘n ry dat daar ‘n brandstofverhoging is. In totaal beteken dit vanjaar reeds ‘n R1.03 per liter styging in die binneland, en 93c per liter aan die kus. Diesel is nou al  R1,23 duurder in die binneland en R1,13 duurder aan die kus, sedert die begin van die jaar.

Related Articles

Back to top button