CommunityNewsNewsSport

Iets uniek by Outdoor X 2018

Iets uniek by Outdoor X 2018

Die organiseerders van die gewilde Outdoor X buitelugskou, Quentin en Liezel Versfeld en hul span het onlangs ‘n paar mense die geleentheid van ‘n leeftyd gegee om vir hulself te kom kyk wat by vanjaar se skou verwag kan word.  Vaalweekblad en ander gaste is die geleentheid gebied om met ‘n Barrett M82A1 geweer te skiet.  Dit is hoofsaaklik deur die Amerikaanse weermag gebruik gedurende operasie Desert Shield en Desert Storm in Koeweit en Irak om onder meer klein voertuie te  illumineer. Die Barrett M82A1 en Barrett M107 word tans ook deur sluipskutters gebruik om die vyand te dood. Die eienaar van dié besondere wapen, Kobus  Henning, sê hy het die wapen hoofsaaklik vir spanbou-geleenthede aangeskaf. Dit is presies wat die groep verlede Woensdag by die Sure Focus skietbaan buite  Henley-on- Klip gedoen het.

Met so ‘n kragtige wapen vorm daar ‘n soort samehorigheid wat sekerlik net een keer in ‘n mens se leeftyd gebeur. Hierdie geweer laat ‘n AK47, R4 en R1 aanvalsgeweer soos babatjies lyk. Met ‘n patroon van 12.7mm x 99mm (.50BMG) of .416 Barrett beweeg die patroon teen 853 m/s en het die doodsmasjien ‘n skietafstand van sowat 1,8km. Met ‘n gewig van byna 14kg en ‘n lengte van 1,2m, is dit nie elke jagter, boer of skyfskiet-entoesias se speelding nie. Met ‘n prys van R250 000 is dit nie aldag dat ‘n mens die geleentheid kry om met so ‘n wapen te skiet nie. Besoekers aan Outdoor X sal dit egter kan doen.

Besoek dus die skou op 2 en 3 Junie om van dié geleentheid gebruik te maak.

Related Articles

Back to top button