NewsNews

Nog net 3 dae oor om te stem!

Het jy al vir Parys gestem? Gou spring - daar bly net 3 dae oor. Parys is die Vrystaatse finalis in vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie. En as dié Vrystaatse dorpie al jou hart gesteel het - maak seker jy stem nou!

Al wat jy moet doen is om die woord Parys te sms na 33157 voor 1 Junie om 12:00. Elke sms kos R1,50 en slegs 30 sms-boodskappe word toegelaat.
Die wendorp word op 17 Junie op Kwêla aangekondig en dit is net die publiek se sms stemme wat sal bepaal watter dorp vanjaar as wenner gekroon word.
Onthou – dit gaan nie oor watter dorp die skoonste is of die beste munisipaliteit het nie, maar waar die mooiste, lekkerste en hartlikste kuierdorp in die land is. Waar dan beter as net hier in Parys!
Dit is hier waar toeriste met egte plattelandse gasvryheid en hartlikheid ontvang word.


Dit is hier waar die prag natuurskoon van die Vaalrivier jou bekoor en jy talle buite-aktiwiteite kan geniet. Moet nie die eilande en stroomversnellings vergeet nie, of Leeukop Quarrie – die enigste waar pienk graniet gemyn is.
Die ongelooflike voëlverskeidenheid hou natuurliefhebbers besig. Voeg daarby die hangbrug, die eiesoortige winkels, talle kunsgalerye, unieke restaurante en koffiewinkels, en leivore waarmee min ander dorpe kan spog!


Die unieke topografie van die Vredefort Koepel en Vaalrivier bied uitsonderlike geleentheid vir van vlieghengel tot rotskuns besigtiging. Daar is talle geboue met historiese waarde soos die museum, NG Kerk en Anglikaanse Kerk. En waar dan anders kry jy klokslag op ‘n Saterdag die reuk van pannekoek, ‘n boeremark, ‘n Big Daddy, skaapafval en ‘n hoofstraat wat oornag op ‘n naweek sy hart oopmaak vir al wat besoeker is? Dit is Parys – sy mense, sy mooi en sy andersheid.


Die wendorp ontvang R1 miljoen se bamarkingswaarde van kykNet Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, wat ‘n 45 sekonde advertensie oor die dorp sal vervaardig wat gedurende kyk-Net se advertensietyd uitgesaai word. En dan is daar ook die Kia  Dorp van die Jaar Makietie.
Parys het JOU stem nodig. SMS van 27 Mei om 18:00 tot 1 Junie om 12:00.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button