NewsNews

Balju lê beslag op munisipale meubels en rekenaars

Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moes verlede Donderdag hul werksaamhede summier stop toe die balju 15 rekenaars en ‘n aantal kantoorstoele uit die kantore van die munisipale bestuurder en krediet-kantore verwyder het.

 

 

 

Hierdie aksie is na verwagting een van vele wat kan volg omdat die Emfuleni-munisipaliteit nie hul diensverskaffers betaal nie, sê die Vryheidsfront Plus.

“Diensverskaffers wat uitgekontrakteer is om vullisverwyderingsdienste te behartig, kan ook nie meer soos in die verlede weekliks by huise aandoen nie. Die dienste word nou op ‘n maandelikse basis gelewer weens ernstige brandstof-tekorte.”

Die party sê in ‘n verklaring  ‘n verdere probleem is dat net drie vragmotors vir vullisverwydering gebruik word omdat die stadsraad die kontrakteur R9 miljoen skuld vir dienste gelewer. Intussen hoop vullis oral op en is ‘n gesondheidsgevaar onafwendbaar as die situasie voortduur.

“Selfs die kantore van die VF Plus wat binne die munisipale kompleks geleë is, ondervind geweldige uitdagings omdat die diensverskaffer weier om ink af te lewer weens uitstaande rekeninge.”

 

Related Articles

Back to top button