NewsNews

Potchefstroom Mannekoor vier 35 jaar op luisterryke wyse

Die Potchefstroom Mannekoor vier hul 35ste bestaansjaar op luisterryke wyse op Sondag 27 Mei om 14:30 vir 15:00 by die NG Kerk Miederpark in Aarbeilaan, Miederpark, Potchefstroom.

Kaartjies is by die Mooirivier Mall, asook by Protea Boekwinkel op Die Bult, of by die kerkdeure die dag met die optrede beskikbaar.
Die program sluit in die optrede van vier mannekore, vier trompette, die gewilde sangeres Amira, en orrelis Eddie Davey.
Die Potchefstroom Mannekoor is in 1983 gestig en het tans sowat 35 lede. Babs Brouwer was die oorspronklike stigter en is na 35 ononderbroke jare steeds die koorleier – ’n prestasie opsigself!
Twee van die oorspronklike koorlede van 1983 sing ook steeds saam.
Omdat daar min koormusiek is wat spesifiek vir mannekore geskryf en getoonset is, het Babs bykans al die musiek wat die koor sing, self vierstemmig verwerk vir die mannekoor. Sy het ook verskeie stukke self geskryf wat deur die koor suksesvol uitgevoer is.
Babs se dogter, Sanette Kruger, is vir bykans 30 jaar die begeleier van die koor en is daar ’n ongelooflike fyn intuitiewe aanvoeling tussen ma en dogter wat uiters suksesvol is in die uitvoering van die koor.
Die koor het reeds ses CD’s opgeneem en het al verskeie kere by die KKNK en Aardklop opgetree as deel van die formele program. So neem die koor ook gereeld deel aan gesamentlike optredes en massakoor saamtrekke saam met die mannekore van Pretoria, Alberton, Randburg, asook saam met bekende kunstenaars soos Rina Hugo, Manuel Escorsio en Jannie Moolman.
Daar word gereeld in kerke en by ander geleenthede in Potchefstroom en omliggende dorpe gesing en ’n Kersprogram word jaarliks vir die gemeenskap aangebied.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button