NewsNews

Wilde katte ’n al groter probleem

Wilde katte wat deur Jan Publiek gevoer word, skep ernstige probleme vir die DBV.

Voorheen was die wilde katte van die natuur afhanklik vir oorlewing en het net die sterkstes oorleef.
Met dié dat die katte nou gereeld gevoer word en nie meer hoef te jag nie, is die balans versteur en word die getalle van wilde katte in die dorp al meer.
Volgens die Parys DBV-tak is dit so erg dat ’n wilde kat gereeld tot gemiddeld ses katjies kan hê. Die DBV het wel al van die katte gesteriliseer en  geëent, en maak dan ’n snit in die oor sodat hulle maklik geïdentifiseer kan word.
Dié katte wat só geïdentifiseer is, is by die museum, die Pick ’n  Pay-sentrum en Checkers.
Munisipale regulasies wat nie afgedwing word nie, dra nie by tot oplossings vir die probleem nie, waarsku die DBV, en word ’n  baie dringende beroep op die publiek gedoen om asseblief nie die katte te voer nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button