NewsNews

Ondersoek geloods na brand by munisipale kantore

VEREENIGING. – Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het ‘n ondersoek geloods na ‘n brand in die vroeë oggendure by die elektriese departement van dié munisipaliteit in Generaal Smutsstraat, Duncanville, uitgebreek het.

Daar is egter nog geen duidelikheid hoe die brand ontstaan het en wat die omvang van die skade is nie.

Die brandweer en nooddienste is na die toneel ontbied – niemand is tydens die voorval beseer nie.

Inwoners word gevra om geduldig te wees terwyl die munisipaliteit alternatiewe reëlings te tref om so min as moontlik ontwrigting te veroorsaak.

Enige persoon wat elektriese klagtes wil rapporteer kan die volgende nommer skakel: (016) 950-7750/51/52/53.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button