NewsNews

Reaksie op taaldebat stel studenteraad teleur

“As jou mond oop is, kan jou ore nie hoor nie.” het NWU Potchefstroomkampus studenteraadvoorsitter, Jacques Hugo, gesê in reaksie op die protes Maandag in Lover’s Lane.

“As julle ons wil aankla,moet julle ons kom aankla,” he dié Betoger tydens die protesaksie gesê.

“Ons as kampusstudenteraad (KSR) is baie teleurgesteld in die misbruik van die geleentheid en die swak optrede,”

“Ons wou ‘n platvorm bied waar mense bietjie meer kan luister oor hoekom ander glo wat hulle glo sodat ons ‘n beter verstaan kan bereik.

“Dit het toe glad nie so uitgedraai nie. Toe die verhoog betree word toe kom die innerlike politikus uit en verlaat alle logiese argumentering die verhoog,” het NWU Potchefstroomkampus se studenteraadvoorsitter, Jacques Hugo, gesê in reaksie op die protes Maandag in Lover’s Lane.

Dié protes het plaasgevind na die taaldebat wat deur die studenteraad gereël is.
’n Video wat tydens die protes geneem is, het wye reaksie uitgelok.
Hugo het Dinsdag in ’n video aan studente gesê dat dit jammer is dat die platform wat hulle gereël het vir ‘n goeie taaldebat, in ’n geskree en uitjouery ontaard het wanneer hul opinie met iemand anders s’n verskil het.
“Hierdie optrede is teen die wese van die universiteit waar respek vir en luister na mekaar se argumente, die grondslag vorm van ’n persoon se denke.”

 

“As jou mond oop is, kan jou ore nie hoor nie,” het Hugo gesê.

 

Volgens hom was die idee agter die debat, dat dit ‘n jaarlikse word, waar ‘n platform geskep word, waar politiese verenigings saam ‘n onderwerp debatteer.
Die betogers, wat blyk meerendeels lede van SASCO te wees, was glo ontevrede omdat die bestuur van die universiteit nie by die taaldebat teenwoordig was nie.
“Hulle probeer ons mislei, die bestuur wil ons mislei. Die feit dat bestuur nie eens by die debat was om na studente te luister nie bewys dit,” het ’n betoger gesê.
Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, is die debat deur die studenteraad georganiseer en nie deur bestuur nie. “Bestuur was dus nie veronderstel om daar te wees nie. Die situasie is deurentyd deur ons Beskermingsdienste gemonitor en uit die aard van die saak gaan verdere monitering voort,” het Jacobs gesê.
Volgens Hugo ondersoek die kampusstudenteraad (KSR) die gebeure en sal hulle waar nodig, klagtes teen individue by die bestuur indien.

Related Articles

Back to top button