NewsNews

Man sterf in huisroof

‘n Elektrisiën van Parys, Christo du Plooy, is gisteraand (17 Mei) net na 18:00 tydens ‘n huisroof doodgeskiet.

Die verdagtes is steeds soek en was die polisie se taakspan teen vanoggend nog besig met ‘n grootskaalse ondersoek na die voorval.

Die gewapende mans,wat ‘n skoktoestel, 9mm pistool en rewolwer by hulle gehad het, het met ‘n motor by die huis gestop en ten spyte van ‘n palisade omheining en hek, sekuriteitskameras en honde op die erf, ingekom.

Nicolet Barnard was op daardie stadium agter die huis in haar salon besig om ‘n kliënt, Charlotte Havenga, se naels te doen. Charlotte en Nicolet kon op die kamera monitors motorligte by die hek sien, en was Charlotte bekommerd oor haar motor wat nie op die kamerabeelde sigbaar was nie.

Nicolet het  uitgestap om te gaan kyk waarop sy deur die mans oorval en in die huis ingesleep is.Sy, Christo en nog twee mense wat in die huis was, is vasgebind, en is Christo ná ‘n struwling met die verdagtes in die bors geskiet. Hy is op die toneel oorlede.

Charlotte kon daarin slaag om agter ‘n gordyn in die badkamer weg te kruip, terwyl die verdagtes ‘n paar meter weg van haar was en sy kon sien hoe hulle in die vertrek rondsoek en selfs haar handsak uitgegooi het.

Haar motorsleutels op die handsak het hulle nie gevat nie.  In die angsoomblikke vandat Nicolet uit die vertrek is en die verdagtes ingestap het in die vertrek waar Charlotte was,  het sy daarin geslaag om haar en Nicolet se selfone te gryp en ‘n noodoproep na haar man te maak. Sy het daarna ook ’n  stemboodskap op die We Care vrywilligers whatsapp-groep gelaat waarin sy vra vir hulp.
Hulp was gou op die toneel, maar die verdagtes het daarin kon slaag om met die voertuig waarmee hulle gekom het, te vlug. Sover bekend is selfone en kontant asook ‘n skootrekenaar en juwele gevat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button