NewsNews

Miljoene se onreëlmatige uitgawes: Ngwathe moet besluit herroep

Die VF Plus het pas ‘n tweede oorwinning agtereenvolgens in belang van belastingbetalers in die Ngwathe-munisipaliteit behaal.

Dit volg nadat die   Hooggeregshof in Bloemfontein vandag  ingevolge ʼn skikkingsooreenkoms beslis het dat die munisipaliteit  onwettige besluite moet herroep om ondermeer miljoene rande se onreëlmatige uitgawes af te skryf.
Volgens die hofbevel het die munisipaliteit met ‘n raadsvergadering in Oktober 2017 miljoene rande se onreëlmatige uitgawes verkeerdelik afgeskryf en het dié besluit afgewyk van sekere bepalings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA).
Die uitgawes is afgeskryf sonder dat daar ‘n behoorlike ondersoek na die onreëlmatigheid daarvan gedoen is, soos artikel 32 van die MFMA vereis. Die vergadering is ook op ‘n onwettige wyse, teenstrydig met bepalende wetgewing, belê.
Die VF Plus het na die vergadering ‘n aansoek in die Vrystaatse Hooggeregshof gebring om die munisipaliteit te dwing om die besluite terug te trek.
Die VF Plus het vandeesweek ook ‘n oorwinning ten gunste van drie belastingbetalers van Ngwathe behaal nadat die party klagtes by die Openbare Beskermer (OB) ingedien het oor buitensporige hoë rekeninge. Die OB het bevind dat die rekeninge wat aan hierdie belastingbetalers gelewer is, weens die nalatigheid van die munisipaliteit veroorsaak is en dat die opgelope bedrae afgeskryf moet word.
“Munisipaliteite maak hulself gedurig skuldig aan die verontagsaming van bepalende reëls en wetgewing tot nadeel van die belastingbetaler en dienslewering.” “Die VF Plus skroom nie om munisipaliteite tot verantwoording te dwing nie,” sê die party in ’n  verklaring.

Related Articles

Back to top button