CommunityNews

Volg jou hart en bring bietjie sprankel

Jip!!! Dit is amptelik!!! Dit is amper weer DAAI tyd van die jaar. Die dag waarvoor almal hulle asems ophou…

Jip!!! Dit is amptelik!!! Dit is amper weer DAAI tyd van die jaar. Die dag waarvoor almal hulle asems ophou…Nasionale Tekkie Tax Dag!

Die hele land is al aan die gons oor dié allerbelangrike dag in Suid-Afrika wat al vir die laaste vier jaar deel van die kalender is. Hierdie jaar word Tekkie Tax gevier op Vrydag, 25 Mei 2018.  Die projek gee jou die geleentheid dié jaar om ‘n hop in jou skop te sit en vir almal te wys waar jou hart lê. Dis so maklik soos 1…2…3…

  1. Kies jou plakker vir ‘n saak na aan jou hart,
  2. Kikker jou tekkies op met ons prettige skoenveters, en
  3. Voila! Jy is gereed vir Nasionale Tekkie Tax Dag!

 

Loop, spring of huppel die ekstra myl in jou Tekkies vir ‘n welsynsorganisasie naby aan jou hart deur die plakker van jou keuse te dra op Vrydag, 25 Mei en sit ‘n hop in jou skop met n paar prettige skoenveters.

Epilepsie Suid-Afrika en Vrystaat Versorging in Aksie is van die organsasies wat sal baatvind by Tekkie Tax Dag. Kontak hulle gerus.

Daar is geen verskoning – deel in die pret en ondersteun  Tekkie Tax Dag!

Related Articles

Back to top button