NewsNews

Bejaardes begin ‘teruggee inisiatief’ met klein dade van omgee

“Scatter kindness” - it starts with you.”

Sanger Kevin Leo se inisiatief om 21 liefdadigheidsoptredes by verskillende aftreeoorde en ouetehuise te doen om dankie te sê vir mense se lojale ondersteuning, het verlede week selfs nog groter momentum gekry met ’n teruggee-inisiatief wat onder bejaardes van Sally Martin Park in Parys begin is.
Die Pay it Forward inisiatief is geloods om saam te val met Kevin se optrede hier verlede Dinsdag, nadat dié aftreeoord gekies is vir sy liefdadigheidsinisiatief.
Gevolglik is besighede genader om by te dra tot die Pay it Forward inisiatief deur verversings te verskaf vir Kevin se optrede wat ook deur bejaardes in die dorp en van ander tehuise hier bygewoon kon word.
Op hul beurt het die bejaardes ’n Pay it Forward kaart ontvang waar hulle weer hul deel vir liefdadigheid kan doen.
Op die kaart is 16 blokkies wat gemerk kan word vir dade van omgee wat aan iemand bewys moet word. Sodra jy ’n daad van goedheid aan iemand bewys het, word die kaart aan daardie persoon oorgedra om dan weer sy/haar deel te gaan doen vir iemand. Só word die sirkel van omgee voltooi.
Die hoop is dat hierdie inisiatief ook na die res van die gemeenskap oorgedra sal word om ander se lewens aan te raak – selfs net deur ’n klein gebaar van omgee en bedagsaamheid.
“Share a smile. Be kind. Brighten some-one’s day” lees die woorde op die Pay it Forward kaart.
Mag hierdie goedheid ook deel word van elke hart wat hierdeur geraak word.

Related Articles

Back to top button