CommunityNews

Agt nuwe voëlspesies vir Oppie Plaas

Die Feathers-voëlklub het op Saterdag 21 April by Oppie Plaas gekuier en is daar 38 voëlspesies, insluitend agt nuwe spesies vir Oppie Plaas, aangeteken. Daar is lekker gestap en daarna is die hongerte met ’n pap-en wors-ontbyt en koffie gestil.

Die besoek aan Doringbos is uitgestel en dié plaas sal later besoek word.
Feathers se volgende byeenkoms is op Donderdag 24 Mei en die laaste uitstappie vir die eerste semester is op 26 Mei.
Tydens die byeenkoms wat op 24 Mei om 18:30 by die Sally Martin Park saal gehou word, sal Hansie Bekker sy Kgalagadi-foto’s kom wys. Jan Fourie is ook besig met ’n  samestelling van lede se foto’s wat gewys sal word.
Op 26 Mei gaan Feathers Rockridge Farm besoek om te kyk watter voëls hul daar kan sien. Rockridge Farm is oorkant die bessieplaas langs die N1 snelweg – ongeveer 20 kilometer vanaf Parys. Hierdie is ook ’n  nuwe plek wat die klub nog nie voorheen besoek het nie.
Almal wat belangstel in voëls van die omgewing, is welkom om saam te gaan. Die klub vertrek om 06:30 vanaf Pick’n Pay se parkeerterrein. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam. Anti-goggagoed en ‘n hoed kan ook nuttig wees.
Feathers sal geen formele uitstappies in Junie en Julie onderneem nie.
Skakel gerus vir Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by (056) 817 6031 / 083 625 8100 vir meer inligting oor die klub se aktiwiteite en uitstappies

Related Articles

Back to top button