NewsNews

Treinongeluk slagoffers se name bekend

Treinongeluk slagoffers se name bekend

VANDERBIJLPARK. – Vier mense is Saterdag 12 Mei dood in ‘n treinongeluk tussen Boons en Magaliesburg naby Krugersdorp.
Die bestuurder van die Wit Toyota Corolla, Esau Moletsana (36) het vermoedelik by die treinoorgang op die R500 en Carltonville kruising voor die aankomende goedere trein beland. Die ongeluk het na 15:00 gebeur. Al vyf insittendes was van Vanderbijlpark.
Drie vrouens, Notanda Zo Harriet Nhlapo (43), Norma Khozi Nhlapo (51) en Koekie Nellie Manana (66) is opslag dood. Esau is dood verklaar oppad na die hospitaal. ‘n Vyfde passasier het ligte na matige beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem vir behandeling.
Volgens Luitenant Kolonel Adele Myburg, media offisier van die Noord-Wes polisie het familie Maandag die lyke kom uitken.
Die Polisie op Boons ondersoek die ongeluk.

Related Articles

Back to top button