News

Regter wys aansoek om ontslag van die hand

Regter wys aansoek om ontslag van die hand

Regter Corné van Zyl het pas in die Hoë Hof in Parys die verdediging se aansoek om ontslag op alle aanklagte in terme van artikel 174 van die strafproseswet teen kapt. Henk Prinsloo van die hand gewys.

Die staat het reeds verlede week sy saak afgesluit. Die verdediging sal nou voortgaan om sy getuies te roep en het Boeta van der Westhuizen vandag begin getuig.

Die saak is tot 18 Mei op die hofrol en weer van 4 tot 8 Junie vanjaar.

Die staat voer in sy saak teen Prinsloo en die ander beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen en sy seun Loedie, Miela Jansen van Vuuren en Anton Loggenberg en sy seun Cor aan dat hulle na bewering Samuel Tjixa en Simon Jubeda op 6 Januarie 2016 sodanig sou aangerand het op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik dat hulle kort daarna aan hul beserings beswyk het.

Die oorledenes is daarvan verdink dat hulle betrokke was by n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen Sr, Boeta se pa.

Related Articles

Back to top button