NewsNews

Rowers teiken studente: NWU gaan help

Die toename in rooftogte op veral studente wek groot kommer by ouers, sowel as by die NWU.

police,saps

Illustration photo

Die toename in rooftogte op veral studente wek groot kommer by ouers, sowel as by die NWU.
Die Herald het sedert middel verlede maand oor vier voorvalle berig waar studente beroof is.

Een van die slagoffers, Eugene Thuynsma (21), het gesê dat hy sedert sy eerstejaar reeds vier keer beroof is.

In ’n ander voorval is ’n student deur ’n man geskiet wat haar wou beroof. ’n Vrou is byna ontvoer terwyl sy in Dwarsstraat geloop het. ’n Damestudent is in Silwerstraat tydens ’n roof met ‘n skerp voorwerp in die gesig gesteek.
Die jongste voorval waarvan die Herald bewus is, het Maandag (1 Mei) omstreeks 16:30 in Reitzstraat plaasgevind. ’n Bekommerde ouer het op Facebook gesê dat haar dogter deur twee verdagtes om die nek gegryp is.
“Hulle was baie aggressief, het haar sak van haar skouers afgeruk, geld gesoek en haar selfoon gevat,” het die ma gesê. Volgens die ma het die verdagtes haar dogter, ’n eerstejaarstudent, rondgeruk waarna hy haar kode vir haar selfoon geëis het.
“Hy het aangedring op haar naam terwyl hy haar studentekaart bestudeer het,” het sy gesê.
Volgens haar het daar mense verby hulle gery, maar nie eens gestop nie.
“Sy was so bang hulle kom terug,” het sy gesê.

Volgens prof. Fika Janse van Rensburg, waarnemende visekanselier van die NWU, is hulle reeds ver gevorder met ’n inisiatief om alle rolspelers te laat hande vat om die probleem sistematies en volhoubaar aan te spreek.

“Ons het die kundigheid, ons het die wil. Nou gaan ons almal saam hande vat en die probleem oplos,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button