CommunityNews

Selfverdediging ’n belangrike vaardigheid om te leer

Met misdaad wat ’n harde realiteit in Suid-Afrika is en mense daagliks raak, word selfverdediging ’n al hoe belangriker vaardigheid om aan te leer.

Al onthou jy net ’n paar basiese begrippe, het jy reeds ’n voorsprong in ’n situasie waar jy dalk genoodsaak is om jouself te beskerm.
Boonop is dit nie moeilik of verg besondere fiksheid nie – net die gewilligheid om te leer.
Parysenaars het jaarliks die geleentheid om hierdie vaardighede te kan aanleer.
Die eerste selfverdedigingskursus vir 2018 wat die afgelope drie maande van Februarie tot April aangebied is, is pas afgesluit.
Dit is die negende jaar dat die kursus vir oud en jonk, mans sowel as vroue, teen minimale koste deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn aangebied is as liefdadigheidsprojek vir Parys en sy gemeenskap.
Die volgende kursus begin Woensdag 1 Augustus en sal dan elke Woensdagaand aangebied word vanaf 18:00 tot 19:00. Vir meer inligting skakel Sonja by 082 327 4250, of hou haar Facebookblad dop vir toekomstige kursusdatums.
Dankie aan ds. Ian Jonker van die NG gemeente Parys-Oos vir die gebruik van die kerksaal vir die kursusse, en Attie Goosen vir sy bydrae om toe te sien dat die saal reg is vir die studente.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button