NewsNews

Parys het JOU stem nodig

Vir sommige is dit die plattelandse hartlikheid en die breë strate. Leivore en perdehoewe wat klop-klop op die teerpad in die hoofstraat draf. Ander weer verloor hul hart op die Vaalrivier en die prag natuurskoon. Die Koepel wêrelderfenis met sy mooi. Die meelewendheid van die dorp se mense en die rustigheid.

Die unieke inkopie-ervaring wat jy kry by die karaktervolle winkeltjies soos krale ingeryg langs die hoofstraat wat oornag ‘n bedrywigheid van voete en wiele word.
‘n Jubelende kleurspel van duisende blomme op vlotte in asemrowende mooi uitbeeldings van die Vrystaatse toerisme-roetes omring deur dansers en majestieuse figure op stelte vir die FS/Maderia Flower Festival.
Die hangbrug met sy honderde slotte. ‘n Kunstefees waar elke gewillige hond sy dag kry om ‘n pootafdruk te laat. Suiwer straatklanke van stryk- en slaginstrumente wat in musikale eenheid ‘n oggendstilte kan skeur.
Ja, al krap die gate en droë krane aan jou kalmte – hierdie is JOU dorp . Of jy by die slaghuis, die apteek of die bank instap – jy’s meer as ‘n nommer leer jy gou as inkommers Parysenaars word en straatgeselsies jou ’n  tydjie kan neem om ’n  brood gekoop te kry.
Dis ‘n ‘n kuier-dorp, ‘n omgee-dorp. JOU dorp, jou mense wat besoekers met oop arms omhels met hartlikheid, kuns en kos-beleef.
Dit laat besoekers terugkom, en oortuig stadsjapies om hier te kom nesskop.
En nou het jy die kans om JOU stem vir Parys te gee. Dié dorp met sy plattelandse “charm” is ’n Vrystaatse finalis vir vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie – en jou stem kan die deurslag gee.
Hoe kan jy stem?
Vanaf 27 Mei om 18:00 tot 1 Junie om 12:00 kan daar vir vanjaar se wendorp gestem word. Die wendorp word op 17 Junie op Kwêla aangekondig. Die wendorp kry R1 miljoen se bemarkingswaarde van
KykNet. Daar sal ook ‘n groot KIA-dorp-van-die-jaar makietie in die wendorp gehou word. Wees trots Parys en stem vir JOU dorp deur die woord Parys te sms na 33157 tussen 27 Mei en 1 Junie om 12:00. SMS’e kos R1.50.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button