NewsNews

Motorwagte is stille helde

Motorwagte is stille helde. Só sê die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF). By byna elke sentrum of parkeerplek waar jy jou in Suid-Afrika bevind, is hierdie mense aan die werk.

Die meeste  is mense wat weens omstandighede hul werk verloor het, en sukkel om die arbeidsmark te betree of geen ander werksvooruitsigte het nie.
Baie mense wat gereeld besoekers aan die inkopiesentrums is, het al ’n vertrouensverhouding met die wagte opgebou, maar daar is ook diegene wat die wagte toesnou en afjak.
Op Donderdag 3 Mei het die Parys GPF ’n baie suksesvolle vergadering met plaaslike motorwagte gehou as deel van die GPF se bewusmakingsveldtog. Motorwagte wat PSIRA geregistreer is, die nodige opleiding ontvang het, en die goedkeuring van die GPF het, sal voortaan uitgeken kan word aan ’n identiteitskaart wat aan hulle oorhandig is.
Plaaslike motorwagte is ook aangemoedig om hulself op ‘n behoorlike wyse te organiseer.
Motorwagte moet oor minstens ‘n graad E-sekuriteitskwalifikasie beskik en mag nie aan sekere misdrywe skuldig bevind wees nie. Daarom word die publiek aangemoedig om slegs motorwagte wat die GPF se goedkeuring wegdra, te ondersteun.
Lede van die publiek word dan ook afgeraai om aan enige ongeregistreerde motorwagte fooitjies te gee, of hulle op enige wyse te beloon, sodat die probleem in Parys waar ongeregistreerde motorwagte die publiek lastig val, stopgesit kan word.
Indien jy ’n  fooitjie vir ‘n ongeregistreerde motorwag gee, neem jy inderdaad deel aan misdaad.
Maar aan die ander kant kos ’n glimlag of ’n  vriendelike woord vir wettige motorwagte niks en wie weet, miskien, net miskien, kan daardie wag nog eendag jou lewe red.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button