NewsNews

Gewapende mans beroof selfoonwinkel helder oordag

Daar word steeds gesoek na die vier gewapende mans wat Sound & Cellular in Kruisstraat, vanoggend (Dinsdag 8 Mei) beroof het.

Die mans gewapen met pistole, het doodluiters ingestap en voorgegee dat hulle lugtyd wil koop, waarop die personeel na agter gedwing is en die mans met selfone en kontant in ’n  wit BMW op die vlug geslaan het.
Enigeen wat moontlik inligting sou hê wat die polisie kan help met hul ondersoek om die verdagtes vas te trek, word gevra om baie dringend die inligting aan die polisie deur te gee by 082 466 8094.
Die besigheidsroof volg kort nadat American Swiss in Parys ook onlangs helder oordag deur gewapende mans beroof is.
Naas die roof by Sound & Cellular is buitelandse burgers Sondagoggend by Malan-hof in Buitenstraat beroof.
Die vier verdagtes het deur die dak toegang gekry en die vier inwoners met pangas begin slaan.
Die rowers is weg met geld en selfone.
Niemand is nog vir die huisroof in hegtenis geneem nie.
Die huisbewoners het snywonde opgedoen maar is nie ernstig beseer nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button