NewsNews

Parysenaar nou jongste lid van il Quattro

Parysenaar Tiaan Strauss (21) het die groot eer te beurt geval om deel te wees van die groep il Quattro wat eersdaags na die Spaanse eiland, Mallorca, vertrek waar hul tussen 144 en 170 konserte sal doen van Mei tot Oktober. Daarna wag Swede of die Kanariese eilande dalk ook nog vir dié groep. Tiaan is die jongste lid van die groep.

Hoewel die groep die afgelope 10 jaar al bestaan het groeplede gewissel en bestaan die groep tans uit Tiaan, Gustav Smit van die Paarl, MJ Kellerman van Wolmaransstad en Mario Lategan van Bloemfontein.
Die groep sing ligte klassieke musiek as debuut vir die groep Il Divo. Die groep se album is tans in produksie spesifiek met die oog op hul toer. Hulle sing in Spaans, Italiaans en Engels, en is Gustav, een van die groeplede wat Spaans  vlot kan praat, hul leermeester.
Vir Tiaan was dit ’n  groot eer om by die groep ingesluit te word in Februarie nadat hy raakgesien is toe hy aan ’n  oudisie van Select Musiek deelgeneem het wat lede vir ’n  ander groep gesoek het. Van die 1 000 inskrywings is net 50 genooi vir ’n oudisie waarvan Tiaan een was. Hoewel hy nie die oudisie geslaag het nie, het hy die beoordelaars so beïndruk dat hy kort daarna die uitnodiging gekry het om deel te wees van il Quattro.
Tiaan is ’n  oudskolier van Parys wat aan Articon gematrikuleer het. Dit was by ’n  revue hier by die laerskool dat sy sangtalent die eerste keer ontdek is. Buiten sy sangloopbaan is hy betrokke in die gasvryheidsbedryf en is sy groot droom om eendag sy eie Boutique Hotel te kan oopmaak en voltyds te sing.
Tiaan speel ook kitaar en klavier en komponeer graag.
Mense kan gerus na hul Facebook blad ilquattro south africa gaan kyk of e-pos stuur na tiaan16@icloud.com vir meer inligting oor die groep se musiek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button