NewsNews

Parys het JOU stem nodig

Parys is die VS finalis in vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie, aangebied in samewerking met Afrikaans.com, KIA en National Accommodation Association of South Africa (NAA SA).

Die publiek kan vanaf 27 Mei om 18:00 tot 1 Junie 2018 om 12:00 vir vanjaar se wendorp stem.
Die wendorp word op 17 Junie op Kwêla aangekondig. Die dorp wen ’n ongelooflike R1-miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45-sekonde advertensie oor die dorp vervaardig wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot KIA-dorp-van-die-jaar-makietie in die wendorp gehou word.
Wees trots Parys en stem vir JOU dorp deur die woord Parys te sms na 33157 tussen 27 Mei en 1 Junie om 12:00. Sms’e kos R1,50 en slegs 30 sms’e  per nommer word toegelaat. Die Kwêla-span was reeds verlede week hier om met Parysenaars te gesels en beeldmateriaal van die dorp te verfilm.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button