NewsNews

Sorg dat jy veilig is

Misdaad raak almal. Hou die volgende veiligheidswenke in gedagte.

* Wanneer jy ‘n hysbak gebruik kyk altyd wie is reeds binne voordat jy ingaan. Staan altyd naby die kontrole paneel en druk die alarmknoppie as enigiets verdag lyk.

* Misdadigers weet wanneer pensioene uitbetaal word. Reël eerder dat jou pensioen direk in jou bank- of bougenootskaprekening inbetaal word.

* Vra hulp as jy in gevaar verkeer en wag dan vir die hulp om op te daag.

* Hou ‘n lysie met noodnommers byderhand sodat jy dit altyd in ‘n noodgeval kan skakel.

  • Wees altyd op die uitkyk vir gevaar.

 

 

Related Articles

Back to top button