NewsNews

Motoriste se veiligheid moet eerste kom

‘Die slaggate onder die duikweg in Vereeniging is om van naar te word saam met die rioolwater wat daar lê,’ skryf ‘n Vaalweekbladleser

Een van die groot dongas in Drie Riviere se paaie, wat na die afgelope weke se reën dieper uitgekalwe is en nog nie herstel is nie. Die foto is by die stopstraat voor die aansluiting by die Villierspad geneem.
Ontevrede motoris van Drie Riviere skryf:

Dit is met ‘n swaar hart wat alle inwoners van ons gebied in die oggend opstaan oor die slaggate in die paaie.

Elke dag ry ons die paaie in Drie Riviere en Vereeniging werk toe en terug huis toe – dieselfde roetine oor en oor, maar hoe ons sukkel is die groot probleem.

Die slaggate onder die duikweg in Vereeniging is om van naar te word saam met die rioolwater wat daar lê, asook die slaggate op die ander paaie. Dit is ‘n nagmerrie. Ons as inwoners sukkel al klaar ekonomies, nou moet ons nog meer geld uithaal vir skade aan ons wiele. Om nie eers te praat van die ongelukke wat dit kan veroorsaak nie!

Wanneer gaan die munisipaliteit ooit plan maak om dit reg te maak? Hulle verwag ons moet vir hulle stem, maar hulle kan nie teruggee aan ons om ons veilig te hou nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button